Johannes 21:1-3
”Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur: Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam. Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.” “Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom. Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.“
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Nog twee van Jesus se volgelinge wat op die boot was, was Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus. Hulle was bekend as “Bonarges” wat vertaal kan word as “seuns van die donder.”
Nie alleen wou hulle vuur uit die hemel af bid om mense uit te wis nie (Lukas 9:54), hulle wou ook op die beste plekke langs Jesus sit (Markus 10:35-45).
Ons kan ook hiermee identifiseer. Soms wil ons ook eerder vuur op mense afbid. Ons sukkel om ons woede in te hou. Ons wil ook die beste plekke vir ons uitkies. Ons wil graag die beste eerste hê. Tog hou Jesus dit nie teen hulle nie. Hy kyk verby dit en laat hulle toe om steeds Sy volgelinge te wees.
Hulle het uit moedeloosheid ook saam met Petrus gaan visvang. Hulle lewens sou radikaal verander omdat Jesus hulle in die boot raakgesien het. Jesus aanvaar hulle net soos hulle is, maar los hulle nie soos hulle is nie.

Gebed
Here Jesus, ek is ook soms soos Jakobus en Johannes. Ek dink net aan myself. Help my om U te volg en doen wat U vra. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika