Johannes 4:10-14
“Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer, jy het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die lewende water vandaan kry? Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob wat hierdie put vir ons gegee het en self saam met sy seuns en sy diere daaruit gedrink het nie?” Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.””
Om oor te gesels en te dink:
Jesus sien die vrou by die put raak. Sy besef nie dat dit Jesus nie. Tog sien Hy haar raak vir wie sy is en los Hy haar nie. Hy nooi haar om van die lewende water te drink. Sy dink Jesus bedoel gewone water, maar Jesus praat van lewende water. Hy nooi haar uit om in verhouding met Hom te wees. Dit verander haar lewe. Toe sy dit besef het, kon sy nie anders as om vir die dorp te gaan vertel dat haar lewe verander het nie.
Jesus het vir ons die lewende water gebring, sodat ons nooit dors sal word nie. Dit beteken dat ons hierdie verhouding met Hom sal koester. Ons moet dit ook deel met die mense rondom ons. Hierdie lewende water kan ons nie net vir onsself hou nie.
Dalk is daar iemand met wie jy die goeie nuus van Jesus se lewende water kan deel?
Maak tyd om jouself met die lewende water van Jesus te vul.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U die Lewende Water is. Kom vul my vandag. Mag U deur U Heilige Gees my vul om te doen wat U van my vra. Amen.