Sagaria 9:9
”Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie.“

Om oor te gesels en te dink
Ons vier die Heilige Week waar ons saam na dink oor Jesus wat gekom het om te ly en te sterf, soos wat Hy vooruit vir Sy dissipels gesê het. Die Ou Testament word aangehaal as bewys dat Jesus se intog nie met ‘n groot magsvertoon saam gaan nie, maar ‘n nederige intog. Markus vertel dat Jesus twee van sy dissipels gevra het om ‘n donkie te gaan haal, sodat Hy die intog kon begin.
Jesus se manier van doen is anders as die regeerders van daardie tyd. Alhoewel die mense ’n politieke leier verwag het wat hulle gaan help om die Romeinse regering om te keer, het Jesus gekom om te kom dien. Markus 10:45 bevestig dit: “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”
Jesus was bereid om hierdie nederige moeilike pad ter wille van ons elkeen te stap, ook vir jou.

Gebed
Jesus, dankie dat U gekies om na my toe te kom. Dankie dat U U lewe kom gee het, ter wille van my. Ek kan nie anders as om dankbaarheid te lewe nie. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika