Psalm 26
8Here, u woonplek, die tuiste van u heerlikheid, het ek lief.

VRAE:

  • Kan jy net soos die Psalm skrywer sê dat jy lies is vir die huis van die Here? Wat is die huis van die Here vir jou? Hoe dink jy oor die plek waar die Here woon?
  • Tradisioneel is daar na die kerkgebou verwys as die huis van die Here. Waarom sou jy dink is dit belangrik om na die kerkgebou te gaan vir die byeenkom van gelowiges? Waarom was dit iets wat van die begin van die kerk belangrik was vir die gelowiges?
  • Hoe gereeld is jy by die byeenkoms van gelowiges? Waarom? Hoe kan hierdie byeenkomste jou geloof ondersteun of versterk?
  • Indien die byeenkoms van die gelowiges nie tans vir jou ‘n hoë prioriteit is nie, waarop mis jy uit as gelowige? Waarop mis ander gelowiges uit omdat jy nie daar is nie? Hoe sou jy die byeenkoms verryk deur daar te wees?

Gebed:
Here, ek is lief vir die huis van die Here. Ek is lief vir my mede-gelowiges. Ek is lief vir U mense. Here, help my om meer gereeld deel te wees van die byeenkoms van gelowiges. Here help my om meer van myself en my geloos daar by die byeenkoms van gelowiges uit te leef. Here, help my om ook die waarde te sien van ander gelowiges wat in my lewe inbou.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika