Kolossense 3:15
”En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.“
Om oor te gesels en te dink
Paulus moedig die gemeente aan om in vrede te lewe. Wanneer daar ongelukkigheid is, moet die vrede van Christus hoogty vier. Dit is om soos ’n liggaam in harmonie te wees met mekaar. Dit is deel van ons getuienis om in vrede met mense te leef en die vrede van Christus met hulle te deel.
Nog ’n belangrike aspek wat Paulus aanspreek is om altyd dankbaar te wees. Dis nie ’n maklik uitweg nie. Hy sit in die tronk en herinner hulle om ten spyte van moeilike omstandighede altyd dankbaar te wees. Dit is ’n lewenswyse om in afhanklikheid van God vir alles dankie te kan sê.
Soos ons deur Kolossense lees, besef ons dit vra vir nuwe keuse. Dit is ’n keuse om Jesus te volg en Sy identiteit ons identiteit te maak. Kies vandag om Jesus se vrede op ’n besonderse manier te deel met die mense om jou wat dit nodig het.
Gebed
Here, dankie vir U vrede. Help my om U vrede te deel. Ek wil vandag vir U dankie sê vir alles wat ek is. Amen.