Matteus 9:36-38
“Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ‘n wagter het nie. Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.””

Om oor te gesels en te dink:
Jesus wys vir ons sy hart vir mense. Hy kry hulle innig jammer, letterlik vertaal, beteken dit dat sy ingewande gedraai het. Jesus gee om vir mense en wil hulle help. Hy moedig sy dissipels aan om hulle te help.

  • Sien jy ook mense om jou raak?
  • Wat sien jy?
  • Wie is daar op jou radar wat die Here jou roep om ‘n verskil voor te maak.
  • Wie kan jy ondersteun om daardie persoon of groep of instansie te help?
  • Is jy dalk die arbeider wat Jesus stuur?
    Bid hieroor en vra die Here om vir jou die pad te wys.

Gebed
Here, ek sien mense wat U nodig het. Help my om ’n verskil te maak. Maak my bereid om te doen wat U van my vra. Amen.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram