Filippense 1:6
“Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.”
Om oor te gesels en te dink:
Ons Geloofsfamilie het die naweek ons 40 jaar verjaarsdag gevier. Ons kon vir die Here dankie sê wat Hy in en deur ons Geloofsfamilie doen en gedoen het.
Paulus skryf aan die gemeente in Fillipi en herinner hulle daaraan dat hy oortuig is dat die goeie werk wat God in hulle begin het, dit end-uit sal voer. Dit is ook vandag ons gebed vir jou. Maak nie saak waar jy in jou geloofsreis is of hoe lank jy al deel van ons Geloofsfamilie is nie, is ons oortuig daarvan dat die goeie werk wat God in jou begin het, Hy dit end-uit sal voer.
Mag jy vandag beleef dat die Here by jou is en dat jy weet jy nie die pad alleen stap nie.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U by my is. Dankie dat dit wat U in my lewe begin het, U dit end-uit sal voer. Ek vertrou U daarmee. Amen