Eksodus 40:34-35
34'n Wolk het die tent van ontmoeting oordek, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul. 35Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul.

VRAE:

  • In Eksodus is daar ‘n transformerende belewenis by die Israeliete. In plaas daarvan dat hulle elke keer na die berg Sinai moet gaan om die Here se teenwoordigheid te beleef, kom woon God onder sy mense in die tabernakel. Die woord vir Tabernakel is “woning”. God se teenwoordigheid is nou so tasbaar dat Moses nie eers die Tabernakel kan ingaan nie. Die Here se teenwoordigheid kan gesien word en beleef word deur die mense. Die Here gaan nou saam my sy volk oral waar hulle gaan.
  • Wanneer jy na die Huis van die Here gaan, beleef jy Sy teenwoordigheid? Beleef jy God op so ‘n manier dat jy oortuig is, Hy is teenwoordig? Wat is jou ervaring van die Here in die woning van die Here?
  • Waarop is jou aandag gefokus wanneer jy by die woning van die Here is? Is jy gefokus op alles wat jy van hou of dalk nie van hou nie? Is jy gefokus op wat die Here jou wil leer of hoe Hy jou wil lei? Deel jou hart met die Here.
  • God is nie beperk tot die gebou wat ons ken as die huis van die Here nie. Beleef jy God oral waar jy gaan? Sien jy hom in die mense om jou? Beleef jy Hom in die omstandighede wat jy beleef? Deel jou hart met die Here.

GEBED:
Here, dankie dat U teenwoordig is in die huis van die Here. Meer as dit Vader, dankie dat U met ons is oral waar ons gaan. Here, help my om te fokus op U. Help my om nie vas te kyk in my eie voorkeure of my eie vooropgestelde idees nie. Here, ek wil meer van U hê, en minder van myself.  
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika