Kolossense 3:16-17
“Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.”

Om oor te gesels en te dink
Jesus se boodskap moet ons lewens rig. Soos ons Hom ontdek en leer ken, verdiep ons geloof en ervaar ons sy volle rykdom. Wanneer dit gebeur kan ons nie anders as om dit te deel en ander daarvan te vertel nie. Ons doen dit in wysheid wat God vir ons gee. ’n Manier om dit te laat gebeur is om met dankbaarheid liedere tot eer van God te sing. Al sing ons nie, kan ons na geestelike liedere luister om ons te help om op God te fokus.
Laat dit ons lewenswyse bepaal dat alles wat ons sê en doen, dit in die naam van die Here Jesus sal wees en dat daardeur vir God die Vader dankie sal sê. Mag hierdie dankbaarheid oorspoel in ons lewens na die mense om ons.

Gebed
Here Jesus, dankie vir U liefde wat nooit ophou nie. Ek wil in dankbaarheid U Naam groot maak en altyd ’n getuie van U goedheid wees. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika