Johannes 3:16-17
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.”
‭‭
Om oor te gesels en te dink:
Jesus tree uit liefde op. Nie net ken Hy ons soos wat ons is nie, Hy kom gee homself vir ons. Jesus se grootste motivering is om in liefde met ons in verhouding te wees. Hy beloof aan ons elkeen die ewige lewe dat ons by Hom kan wees. Hierdie perspektief verander hoe ons na die lewe kyk. Ons hoef nie in vrees te lewe nie. Jesus het gekom om ons te kom red en nie te veroordeel nie.

  • Hoe laat dit voel dat Jesus só lief is vir jou?
  • Kan jy in hierdie liefdesverhouding met Hom leef?
  • Wat wil jy vandag met Jesus deel?

Gebed
Jesus, dankie wat U bereid was om die pad van vernedering te stap, sodat ek die ewige lewe mag hê. Dankie dat U altyd in liefde handel en ook vir my so lief is. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika