Efesiërs 2:19
“Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.”

Om oor te gesels en te dink:
God se genade gee ons identiteit. Omdat ons nou vrye toegang tot die Vader het, is nou nie meer ver van God af nie. Ons is medeburgers van Sy koninkryk met al die regte en voorregte wat daarmee saam gaan. Ons is nie bywoners met geen regte nie. Nee, ons behoort aan God.
Nog ’n beeld wat Paulus gebruik vir ons as gelowiges, is dat ons lede van die huisgesin van God is. Ons is God se familie. In ’n huisgesin is daar liefde, intimiteit en toegang. Ons kan daarom in vrede met God en medegelowiges leef. Die Boodskap vertaal dit treffend: “Nee, julle is nou in die volste sin van die woord deel van God se mense. Julle is deel van sy familie.”
Net soos ons familie vir ons kosbaar is, is dit kosbaar om deel van God se familie te wees.

Gebed
Here Jesus, dankie dat ek deel van U familie kan wees. Dankie dat U nie meer ver is nie en dat ek ’n medeburger kan wees. U genade is groot. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika