Lukas 4:18a

Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig.

Om oor te gesels en te dink:
Jesus lees uit Jesaja en erken dat Hy deur die Gees gesalf is om goeie nuus te bring. As volgelinge van Jesus is ons ook gesalf deur die Heilige Gees om hoop en vreugde aan ander te bring. Dink vandag aan maniere waarop jy hierdie goeie nuus in jou daaglikse lewe kan deel.

Gebed:
Here, gebruik my vandag om U goeie nuus te verkondig. Bemagtig my deur U Gees om hoop en vreugde aan diegene in nood te bring. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika