1 Petrus 3:15
“In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.”
Om oor te gesels en te dink:
Ons as Christene word geroep om ’n verskil te maak. Ons wonder soms hoe is dit moontlik? As Petrus aan die gemeente skryf, is hulle in moeilike omstandighede en moedig hy hulle aan om altyd gereed te wees om ’n verduideliking te gee oor die hoop wat in hulle leef. Ons kan net vertel wat ons beleef het. Ons kan net Godstories vertel van waar God in ons lewens besig is, as met die oortuiging leef dat God met ons besig is.
Hierdie hoop is ’n sekerheid dat God ons nie los nie en dat soos ons gevra word, ons dit deel.
Jy het ’n Godstorie en jy moet dit deel, sodat die wêreld kan weet dat God vir hulle ook lief is en omgee. Mag jy ’n geleentheid kry om jou Godstorie met iemand te deel.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U my hoop is en vir my lief is. Help my om op die regte tyd hierdie hoop met iemand wat dit nodig het, te deel. Amen.