1 Petrus 2:24
Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.
Om oor te gesels en te dink:
Ons moet die evangelie in alles wat ons doen uitbeeld, soos Jesus dit gedoen het. Jesus is die ‘Goeie Nuus’ en ons leer daarvan in sy lewe, sterwe en opstanding. As dissipels moet ons ook die ‘Goeie Nuus’ van Jesus in ons eie lewe vergestalt. Jesus se wonde het vir ons elkeen genesing gebring, daarom laat ons ook ‘n boodskap van hoop en genesing vir almal wat ons ontmoet bring.
Gebed.
Vader, laat ons optrede 'n helder lig wees in 'n donker wêreld, sodat almal om ons heen u liefde kan sien. Amen.