Efesiërs 4:7, 11-12
11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.
Min van ons sal onmiddelik ons hande opsteek as iemand sou vra of hier enige apostels of profete in die vertrek is. Dit is waarskynlik omdat ons hierdie gawes, rolle, verantwoordelikhede en funksies aan ’n handvol mense toegeskryf het (mense in die amp in die kerk), en dit nie verstaan as gawes wat vir ons gegee is en is ons verweef is nie.
Dink vir ’n oomblik na oor die volgende vrae, en kyk of enige van hierdie beskrywings by jou pas:
Die kans is groot dat die gawe van apostel vir jou gegee is. Die rol van apostels in die kerk is om die kerk gefokus op haar roeping te hou, om die kerk konstant aan te spoor om te bly groei, en om seker te maak dat die kerk nie in haar leer dwaal nie.
Die kans is groot dat die gawe van profeet vir jou gegee is. Die rol van profete in die Bybel is om die kerk op God gefokus te hou, om vir onreg teen ander op te staan, om die kerk namens God aan te spreek as die kerk Sy naam oneer aandoen, en om die kerk te roep tot dieper intimiteit met God en meer toegewyde gebed.
Vers 12 sê Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.
Dit is lewens belangrik vir die kerk dat ons ons gawes gebruik hiervoor.
More gaan ons fokus op die evangelis en die herder.
Om oor te dink:
“Apostle - connected to the mission of God”
“Prophet - connected to the heart of God” Alan Hirsch