Filippense 2:6-8

Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

Om oor te gesels en te dink:
In Psalm 139 het ons weer bewus geword hoe besonders elkeen van ons geskape is en dat die Here jou persoonlik ken. In Filippense 2 ontdek ons opnuut weer dat Jesus nie aan Sy Godgelyke wyse vasgeklem het nie. Dat Jesus mens geword het vir ons – vir jou. Kom kyk! Die Here het mens geword vir jou. Kom kyk! Die Here was gehoorsaam tot die dood, aan die kruis – vir jou. Mag jy opnuut hierdie week nie net ‘kom kyk’ en ontdek dat die Here jou geskape het, jou ken en roep nie, maar ook aan die kruis vir jou gesterf het.

Gebed
Here, vandag raak ek weer bewus van U liefdesdaad vir my – aan die kruis. Ek kom kyk weer vandag wat U vir my gedoen het. Here… dankie. Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika