1 Petrus 3:17
“As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.”

Om oor te gesels en te dink:
Ons dink hierdie week na oor wat dit beteken om ons Godstories van dankbaarheid te deel en dat ons altyd gereed moet wees om te kan vertel van die hoop wat in ons leef. Ons moet dit in nederigheid doen en met ons lewenswyse bevestig dat Jesus ons enigste hoop is.
Petrus herinner die gemeente dat hulle lyding mag ervaar terwyl hulle goed doen aan alle mense om hulle. Hulle moet nie moedeloos word nie. Dit is beter om te ly vir die goeie dinge wat ons doen, as om te ly vir dinge wat ons nie moet doen nie.
Hou aan om goed te doen, al sien niemand dit raak nie. Hou aan goed doen, al kry jy teenstand en kritiek. Op hierdie manier word God geëer en wys dit vir ander watter hoop in Christus daar in ons is.

Gebed
Here, dankie dat U hoop in my leef. Help my om aan te hou om goed te doen. Mag ek kies om eerder goed te doen, as kwaad. Ek wil U met alles wat ek doen eer. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika