Psalm 127:1-2
“’n Pelgrimslied. Van Salomo. As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.”

Om oor te gesels en te dink
Hierdie Psalm herinner ons om op die Here te vertrou, eerder as op onsself. Die Psalm is gereeld gesing as hulle op pad was na Jerusalem toe en het hulle onthou dat die Here die middelpunt van alles is.
Dit roep ons op om in afhanklikheid van die Here te lewe. Ons kan nie terugsit en verwag die Here moet alles doen nie. Nee, in afhanklikheid moet ons Hom vertrou. Vandaar die beeld dat die Here dit wat ons nodig het, vir ons in ons slaap gee. Wanneer ons Hom vertrou, gee die Here vir ons die wysheid en insig op die regte tyd.
Het jy dalk ’n moeilike dag wat vir jou voorlê? Raak rustig en gee dit oor aan die Here. Vra Hom om jou wysheid en insig te gee.

Gebed
Here, ek wil in afhanklikheid van U lewe. Ek kan nie sonder U leef nie. Help my in alles U eerste te stel. Amen.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram