Kolossense 1:9-10
Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.
VRAE:
- Paulus bid dat die mense se kennis van God sal toeneem. Hy vra ook dat hulle wysheid en insig van die Gees sal ontvang. Hy vra dit sodat die gemeente van Kolosse sal begin lewe soos God verwag hulle moet lewe.
- Wat dink jy is God se hart vir hierdie wêreld? Wat is God se doel met ons almal? Waarom is ons geskep? Wat is God se plan gewees vir ons almal? Spandeer tyd met die Here om jou hart te deel, maar ook om God se hart te hoor.
- God het alle mense geskep omdat hulle vir Hom vreugde gee en omdat Hy ‘n plan met elkeen van hulle het. Wanneer jy met mense omgaan, hanteer jy hulle asof God vir hulle lief is en planne met hulle het? Deel jou hart met die Here.
- Hoe voel dit wanneer mense jou sleg hanteer? Hoe sou jy wou hê, moet mense met jou handel? Waarom?
Gebed:
Here, ek wil meer en meer van U hart hoor en sien. Here, daarom vra ek dat U my sal laat groei in insig, wysheid en kennis. Here help my om meer van U te verstaan. Here, help my dat my hart, sal klop vir dit wat U hart laat klop. Here, help my veral om vir mense lief te wees. Here, U het ons almal met deernis en liefde geskep. Help my om ook vir mense met deernis en liefde te hanteer.
Amen