Psalm 43:4-5 (Die Boodskap)

4 Ek wil U aanbid, God. U maak my hart altyd bly. God, ek wil u Naam prys. U is my God! Ek loof U met musiekinstrumente. 5 Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Waarom so hartseer? Vertrou net op God. Ek gaan Hom loof, al kry ek swaar. Dit is Hy wat my uit my swaarkry red. Hy is my God.

Weet jy dat God wil hê dat jy gelukkig moet wees?

Meer as enige ander opdrag in die Bybel word ons die opdrag gegee om gelukkig te wees deur die Here te prys, dankbaar te wees, vreugde te ervaar en die Here se seën te ken en ervaar!

Dit is God se hart vir ons om vandag, hier en nou, diep en waarlik gelukkig te wees. Ons maak dikwels die fout om te dink en/of te glo dat dit eers eendag in die Hemel ’n realiteit sal wees, of dat ons eers waarlik gelukkig sal wees wanneer ons omstandighede verander.

Is jy gelukkig?

Aanbidding speel ’n baie belangrike rol in ons geluk. Ons gaan die res van die week saam hieroor leer!

Lees weer die teksgedeelte:

  • Wat staan vir jou uit?
  • Wat praat met jou hart vandag?

True worship doesn't put on a show or make a fuss; true worship isn't forced, isn't half-hearted, doesn't keep looking at its watch, doesn't worry what the person in the next pew is doing. True worship is open to God, adoring God, waiting for God, trusting God even in the dark. N.T. Wright

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika