Romeine 8:36-37
“Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.”
Om oor te gesels en te dink:
Paulus haal Psalm 44:23 aan wat ’n hulpkreet na God toe is, maar waarvan hy weet dat God vir ons die uitkoms sal gee. Ons hoef nie bang te wees nie omdat God by ons is. Die Boodskap vertaal vers 37 as volg: “Al gebeur hierdie verskriklike dinge met ons, is ons nogtans oorwinnaars. Ons deel in Christus se reuse-oorwinning omdat Hy ons baie liefhet.”
God se liefde vir ons onverklaarbaar, want dit volg nie reëls nie. Ons kan dit nie verdien nie. Hy gee vir ons verniet, maar dit is nie goedkoop nie.
Ons kan in oorwinning leef omdat Jesus die dood oorwin het en ons vrygemaak het van alles waarvoor ons bang is. Ons kan Hom met ons lewens vertrou.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U die dood oorwin het en ons deelgenote gemaak het dat ons ook in oorwinning kan leef. Dankie dat U liefde soos groot is, al kan ek dit nie verstaan of verklaar nie. Amen.