Efesiërs 5:18-21 (NAV)
18 Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, 19 en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. 20 Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. 21 Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.
Aanbidding behels meer as musiek, maar musiek is ’n groot deel van aanbidding. Vir die res van die week gaan ons saam leer oor musiek, sang en aanbidding!
Waarom is musiek en sang so belangrik?
Musiek doen iets met ons - dit is die krag van musiek.
Musiek kommunikeer iets aan ons - dit is die gawe van musiek.
Musiek bind ons saam, hou ons bymekaar en sal ons in die toekoms bymekaar hou - dit is die toekoms van musiek.
Volgens ons teksgedeelte dink Paulus dat dit juis die manier is waardeur ons voortdurend deur die Gees vervul word. Het jy al ooit so daaroor gedink?
Worship is humble and glad, worship forgets itself in remembering God; worship celebrates the truth as God's truth, not its own. N. T. Wright.