Efesiërs 1:16-17
“Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.”

Om oor te gesels en te dink:
Paulus bid vir sy gemeente in Efese en vra dat die Heilige Gees vir hulle wysheid sal gee om God werklik te kan kan. Wat ’n gebed! Dis ’n gebed om God meer raak te sien en te verdiep in Sy liefde. Jy kan vandag hierdie vir jouself en vir ons geloofsfamilie ook bid. Mag ons elkeen Jesus Christus meer ontdek en leef.
Godstories is wanneer ons God in ons eie storie raak sien. Hierdie is die begin van ’n gebed vir ’n Godstorie. Dit vra dat ons wysheid sal bekom om God in ons lewens raak te sien en Hom werklik leer ken. Dit bly ’n lewenslange proses. Dit bly ’n lewensveranderde proses.
Mag jy vandag wysheid ontvang om Jesus werklik te kan ken.

Gebed
Here Jesus, ek kom bid en vra vandag vir wysheid. Ek wil U werklik ken. Dankie dat U deel van my Godstorie is. Ek gee myself oor aan U. Amen.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika