Jesaja 29:13 (NAV)

13 Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.

Wat vra God van ons wanneer ons Hom aanbid?

Dit is moontlik dat ons iets met ons mond kan sê of selfs sing terwyl ons harte en gedagtes glad nie daarmee besig is of aandag daaraan gee nie. Ken jy daai gevoel?
Ons het ’n oneindige hoeveelheid goed wat ons aandag verdeel en aflei. Wanneer dit by ’n lewe van aanbidding kom, is dit nie wat God wil hê nie.

Sy opdrag aan ons is om ons onverdeelde aandag aan Hom te gee; om na dit wat Hy van Homself openbaar het te kyk totdat ons Sy glorie en karakter sien, en ons dan in verwondering is. Daarom sing ons met hart, siel en gedagtes, alles vir Hom!

Wanneer ons sukkel om so te aanbid, is een van die mees bemoedigende goed wat ons kan doen is om dan saam met ons broers en susters te sing; om toe te laat dat hulle passie en toegewydheid ons dan weer aanspoor en bemoedig!

Om oor te dink:

  • Is daar iets wat jou aandag aflei van God af wat jy teenoor Hom moet bely?
  • Wat kan jy doen om seker te maak dat jy tye het waarin God jou onverdeelde aandag het?
  • Met watter verwagting kom jy op ’n Sondag na ons eredienste toe?

”Words and music did for me what solid, even rigorous, religious argument could never do -- they introduced me to God, not belief in God, more an experiential sense of GOD.” Bono

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika