Efesiërs 1:18-20
“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het”
Om oor te gesels en te dink:
Paulus se gebed vra dat God ons geestesoë sal verhelder om Hom te kan raak sien. Dit is ’n gebed wat ons elkeen elke dag nodig het. Ons mis dit om God in ons Godstories raak te sien. Ons dink dat God nie betrokke in ons lewens is nie. Tog weet ons dit, maar ons sien dit nie altyd raak nie. Ons moet bid en vra dat ons Hy vir ons die geestesoë sal gee om Hom raak te sien. Ons moet ook bid dat ons weet watter sy roeping inhou en dat Sy krag in ons werk. Dit is dieselfde kragtige werking van mag wat Jesus uit die doop opgewek het. Ons moet dit raak sien.
Gebed
Here Jesus, maak my geestesoë oop om U te kan raak sien. Ek wil uit die hoop van my roeping leef. Ek wil U kragtige werking in my lewe beleef. Amen