Johannes 20:24
24Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie.

VRAE:

  • Volgens die Johannes evangelie was die dissipels na Jesus se dood, almal baie bang. Hulle was in ‘n kamer bymekaar toe Jesus aan hulle verskyn het. Ons leer egter deur die verhaal in Johannes 20 dat net 10 van hulle bymekaar was. Judas en Tomas was nie saam met hulle nie. Wanneer die dissipels vir hom vertel dat Jesus opgestaan het, kon hy dit nie glo tot hy self die merke van Jesus se hande en sy sien nie.
  • Was jy al in situasies waar mense teenoor jou getuig het van wonderwerke en groot gebeure waar hulle Jesus beleef het, maar jy nie dit kan glo nie, omdat jy nie self daar was nie? Dink na oor die gebeure. Wie het vir jou vertel van hulle belewenis? Waarom was hulle so oortuig van die Here se werk? Waarom is dit vir jou moeilik om hulle woord daarvoor te neem?
  • Voel dit vir jou soms asof jy nie op die regte plek is om God se wonderwerke en teenwoordigheid te beleef nie? Waar is jy in jou lewe? In watter spasies beweeg jy? Tomas was 8 dae later saam met die ander dissipels toe Jesus weer aan hulle verskyn het. Dalk is dit nodig dat jy meer saam met ander gelowiges bymekaar kom om God se teenwoordigheid te beleef?
  • Tomas het nie geglo aanvanklik nie, tog het hy steeds saam met sy gemeenskap van heiliges bymekaar gekom. Hy het steeds getrou gebly in sy handelinge voordat hy oortuig geword het met die feite wat hy nodig gehad het. Hoe kan jy jou handelinge aanpas of gebruik om getrou te wees, voordat jy al die feite vind wat jy benodig?

GEBED:
Here, some beweeg ek in spasies waar ek nie U teenwoordigheid beleef nie. Ek is nie altyd getrou in my handelinge as dit kom by die praktiese uitleef van my geloof nie. Here, help my asb. om op die regte plekke te wees sodat ek U teenwoordigheid kan beleef. Here, help my asb. Om solank in geloof te gaan na die plekke waar U reeds werksaam is. Here, help my om ook te beleef dit wat ander so maklik beleef, U teenwoordigheid en werke.
Amen

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika