Matteus 6:9-13
“…laat u Naam geheilig word…op die aarde, net soos in die hemel” (Mat 6:9)
“Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook;” (Joh 11:25)
Om oor te gesels:
Wanneer ons bid, raak ons bewus met Wie ons praat. Ons sonder ons af om met God tyd te spandeer. Een van die betekenisse van die woord “heilig” is om afgesonder te wees. Daarom sonder ons onself af om God se Naam spesiaal te gebruik. God se Naam kan nie onnadenkend oor ons lippe gaan nie. Wanneer ons Sy Naam heilig, bid ons dit bewustelik.
Jesus stel Homself in die Johannes evangelie bekend, as Hy “Ek is…” uitsprake gebruik, soos toe God aan Moses verskyn het.
Sê vir die Here dankie dat ons Hom op hierdie manier beter kan leer ken vir Wie Hy is.
Gebed
Ons Vader, U wat die opstanding en die lewe is, U wat die weg, waarheid en lewe is. Ons aanbid U vir Wie U is. Mag ek vandag U Naam heilig. Amen.