Lukas 24:13-35

30 Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. 31 Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn. 32 Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” (Luk 24:30-32)

Om oor te gesels
Die Emmausgangers stap verward vanaf Jerusalem af terug na hulle huis toe. Vol vrae en verwagtinge wat nie gerealiseer het nie, kom stap Jesus saam met hulle en gesels met hulle.
Hulle deel hulle vrae en twyfel. Jesus verduidelik geduldig vir hulle die Skrifte en hoe dit op Hom van toepassing is. Hy moes ly om as Verlosser te triomfeer. Hulle nooi hulle nuwe vriend vir ete en wanneer hierdie “vreemdeling” vir hulle die brood breek, herken hulle Hom as Here en Verlosser.
Hulle verklaar dat hulle harte warm geword het omdat hulle Jesus gesien het. Hulle het dit dadelik vir die ander dissipels gaan vertel.
Jesus stap vandag nog saam met ons. Ons herken Hom nie altyd nie, maar mag jy vandag kyk waar Jesus saam met jou stap.

  • Wat sou jy vandag vir Jesus wou sê?
  • Deel jou vrae, vrese en verwagtinge…
  • Stel jouself oop om Jesus vandag raak te sien.

Gebed
Here, dankie dat U saam met my stap. Mag ek U vandag herken en ook met ’n warm hart getuig van U liefde. Amen

For those who believe in God, no explanation is necessary.For those who do not believe in God, no explanation is possible.
Thomas Aquinas

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika