KAARTJIEKERK

Ons Geloofsfamilie se tydelike “Lockdown Vlak 1” byeenkoms in die Ouditorium en op die kerkgronde.
BESPREEK HIER VIR KAARTJIEKERK
Maskers en voorgeskrewe PPE's soos per regulasie.
Kyk KAARTJIEKERK Sondag 09:00 LIVE

Jy kan deelneem aan KAARTJIEKERK op een van VYF MANIERE:

OUDITORIUM:
Ons mag 250 mense in die kerkgebou ontvang. Bespreek en kom na die westelike ingang van die gebou. Let asseblief daarop daar net BEPERKTE PLEK in die moederskamers beskikbaar sal wees.

DIE DAK:
Indien al hierdie plekke bespreek is, kan ‘n mens steeds na die diens LUISTER en DEELNEEM deur te bespreek vir “DIE DAK” (by die hoof motorhek aan die voorkant van die gebou). Een van ons leraars sal hier as gasheer optree.

“PIEKNIEK:"
Bring 'n kampstoel/kombers en LUISTER en NEEM DEEL aan die diens in die tuin (agter die kerkgebou by die lapa). Een van ons leraars al ook hier as gasheer optree.

PvR AANLYN:
Jy kan ook die diens LIVE kyk. Jy sal vriendelik ontvang word aanlyn en kan KYK, LUISTER EN DEELNEEM! Kliek hier om KAARTJIEKERK LIVE te kyk.

KARKERK:
Jy kan ook die diens LUISTER in jou motor. Jy hoef NIE te bespreek nie. Parkeer jou motor op enige plek op die kerkgronde skakel jou motorradio in op 89.0.

BELANGRIK! Jy moet VOORAF BESPREEK vir die diens sodat ons binne die regulasies kan bly. ‘n Mens kan ook net vir die eerskomende Sondag registreer. DRUK JOU KAARTJIE, of HOU DIT OP JOU FOON. Jy word met 'n skandeerder aangeteken by die diens. Registrasie open elke Maandag oggend vir die naweek se diens.

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram