Stilstaan oomblikke – Op pad na die kruis
Teksvers:
‘As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.‘ (Joh 13:14-15)

Identifiseer:
Jesus dien nie net sy dissipels deur hulle voete te was nie, maar gebruik dit as voorbeeld hoe ons as Sy volgelinge moet optree. Dit maak die evangelie prakties en roep ons op om juis mense om ons te dien. Dit is egter nie maklik nie, ons moet kies om dit te doen. Dit vra opoffering.

Oriënteer:
Hierdie voorbeeld wat Jesus stel, vra dat ons ander dien. Dit mag beteken dat ons selfs die Petrusse en Judasse in ons lewens se voete moet was.
Jy mag dink dat dit nie moontlik is nie, maar vra Jesus om vir jou die 
moed te gee om dit wel te doen.
Wie moet jy dien met Jesus se liefde?

Bely:
Ek kom bely dat ek nie altyd ander wil dien en hulle voete wil was nie.
Ek bely dat as ek ‘n volgeling van U wil wees, ek juis moet leer om te dien soos U, Jesus. Ek bely dat ek hierin moet en wil groei.

Bid:
Here, help my om U voorbeeld te volg en mense om my te dien. Amen.

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram