Kersgeskenke 

Louis Botha Kinderhuis

N groot dank aan elkeen wat die Kersgeskenk Projek die jaar moontlik gemaak het.

Ons het gedink om aanvanklik vir elkeen van die 102 kinders n geskenk te gee maar die was net nie moontlik nie. Ons het toe besluit om na 2 huise te kyk wat bestaan uit 12 dogters in elke huis met ouderdomme wat wissel van 10-20 jaar.

Die gemeenskap het bygedra om vir elke meisie n geskenk te koop soos wat elkeen versoek het. Ons het ook n paar lyne geskep waar gemeenskap vir die kamers, haar produkte, toilet ware en nog meer kon gee. 

Dit was n groot sukses die jaar en daarvoor wil ons baie dankie se.

2022 se Kers projek wil ons kyk om nog meer kinders se harte bly te maak so hou hierdie spasie dop.

Fotos

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika