Indien u enige vrae het vul die vorm onder in en ons kom so gou moontlik terug na u:

Wat gebeur op Sondae?

Ons weet dat dit soms vreesaanjaend kan wees om saam met ’n groot groep nuwe mense bymekaar te kom. Ons wil seker maak dat jy ons Geloofsfamilie as warm ervaar. Ons kerkgebou is ons familie se huis, en daarom wil ons seker maak ons laat jou welkom voel.

Ons Eredienstye

  • Eredienstye:
    09:00 Oggenddiens
    10:00 Kinderbediening: Voorskool tot Graad 6
                (nie tydens skoolvakansies en langnaweke nie)
    17:00 Aanddiens  
               Tienerbediening: Vanaf Graad 7
               (nie tydens skoolvakansies en langnaweke nie)

  • Kersdiens 25 Desember
    08:00 Kersdiens

Wat kan ek verwag tydens 'n diens?

Ons eredienste is eenvoudig: ons sing liedere saam, ons bid saam en ons luister na ’n boodskap uit die Bybel. Die fokus van ons dienste is altyd God se liefde vir ons, en Sy genade aan ons bewys deur Jesus Christus. Eenvoudig, en altyd opbouend en inspirerend.

Wat moet ek aantrek?

Kom soos jy wil; dink meer aan ’n familiekuier as ’n formele funksie.

Wat doen ek met my kinders?

As ‘n Geloofsfamilie is ons kinders geheel en al deel van ons geestelike ervarings. Ons nooi julle daarom uit om saam met jule kinders na ons Familiedienste om 09:00 op Sondae in die skoolkwartale by te woon. Hou ons webwerf en kalender dop vir al die geleenthede waar julle kan inskakel!

Besoek jy ons vir die eerste keer?

Ons sal jou baie graag wil ontmoet, en meer van jou wil weet. Sal jy asb. na die erediens by een van die leraars aanmeld en net jou basiese besonderhede vir ons gee? Ons wil graag vir jou meer van ons Geloofsfamilie vertel, en ons wil seker maak jy kry al die belangrikste inligting van ons Geloofsfamilie wat jy nodig het.

Ons verwelkom jou graag as deel van ons Geloofsfamilie!


As jy wil kan jy vir ons jou besonderhede gee deur hier onder op die + te kliek.

Lidmaatskap Registrasie Vorm

Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie
Lidmaatregistrasie

ONTDEK EN LEEF CHRISTUS

Man

Vrou

Indien jy meer inligting verlang om te trou, of doop of enige administratiewe navrae, kliek hier om 'n epos vir die Kerkkantoor te stuur.

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika