Saterdag 1 Oktober 2022

Efesiërs 1:2
“Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!”

Om oor te gesels en dink
Verskeie briewe in die Nuwe Testament groet op 'n soortgelyke wyse as hierdie teksvers. Genade vir jou. Genade van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Dit is woorde wat 'n mens gerusstel. Woorde wat mens herinner dat God 'okay' is met ons.

Hier is die lirieke van "Voel jy die genade" van Jo Black. Lees dit gerus vanoggend terwyl jy jou hand(e) oophou.

"Jy's net 'n mens
Hy is God
Maar jy sal nooit uit sy hand uit val
Sê my, voel jy die genade?
Jy's vrygekoop
Die prys is reeds betaal
Jy's skoongewas, 'n Koningskind
Sê my, voel jy die genade?
En die water loop
Ja, die water stroom
Sê my, voel jy die genade?
Maak net jou arms oop
Laat die trane loop
Sê my, voel jy die genade?"

Kyk gerus die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=Bxfwf2F6t3o

Gebed
Here, ek voel nie net die genade nie, ek is diep oortuig daarvan. Diep verborge en veilig in U genade. Dankie dat U genade ook vir my is. Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika