Nehemia 2:19-20
“Maar toe Sanballat die Goroniet, Tobija die Ammonitiese amptenaar en Gesem die Arabier hoor wat ons doen, het hulle ons uitgelag en smalend gevra: “Wat vir 'n ding is dit waarmee julle besig is? Wil julle in opstand kom teen die koning?” Ek het hulle geantwoord en vir hulle gesê: “Die God van die hemel sal ons laat slaag in wat ons doen. Ons, sy dienaars, gaan bou. Julle het nóg aandeel nóg reg in Jerusalem, en geen historiese band met hom nie.””
Om oor te gesels en dink
Net toe Nehemia gereed was om die plan te begin, was daar mense wat hom probeer van stryk bring. Hulle het hom uitgelag en gerugte versprei. Hy laat hom egter nie onder kry nie. Hy verseker hulle dat God hom sal help om die plan uit te voer.
Daar is baie keer mense wat dink dat dit waarmee ons besig is, nie kan werk nie. Hulle mis dat jy in gehoorsaamheid aan die Here doen wat jy doen. Hulle versprei gerugte en gaan jou selfs teë. Moenie moedeloos word nie. Die Here sal getrou bly en die goeie werk wat Hy in jou begin het, sal Hy end-uit voer.
Ons moet ook nie meedoen as iemand anders iets doen wat hulle van die Here ontvang het en ons nie noodwendig daarmee saam stem nie.
Gebed
Here, soms twyfel ek en raak ek moedeloos oor dit wat U van my vra. Gee my die moed om steeds aan te gaan. Amen.