Jeremia 1:4-10 Fokusteks vers 5
5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
Om oor te gesels of te dink:
- Hierdie gedeelte herinner sterk ook aan Psalm 139. Wat maak jou uniek jy? Waarvoor kan jy God dank, wat jou, jou maak? Ontdek iets mooi in hoe God jou geskep het vandag.
- In die gedeelte sê God vir Jeremia dat Hy hom GEKEN het, GEVORM is, GEWY is en AANGESTEL is met ‘n spesifieke doel en roeping. God het dit in Jeremia se DNA en hart in beplan van die begin af. Wat dink jy het God so in jou in geplant van die begin af? Wat dryf jou, definieer jou, dryf jou?
- Indien daar nie antwoorde is nie, vra dat God vir jou begin wys waarvoor jy gemaak is. Hoe KEN God jou? Waarvoor is jy GEVORM? Waarvoor is jy GEWY? Waarvoor is jy GEWY? En vra dat God vir jou antwoorde sal gee op maniere wat jy sal verstaan.
- Prys God vir die manier waarop God jou geskep het en vir dit wat Hy met jou lewe beplan!
Gebed:
Here, ek dank U vandag vir wie U is, vir wat U doen en vir wat U alles vir my beteken.
U is my skuilplek, my rusplek, my woning. Ek vind rus in U liefde, U genade, U barmhartigheid; ek vind rus in U grootheid, U heerlikheid, U goedheid.
Ek vind rus in U voorsiening, U doel, U planne; ek vind rus in U wysheid, U weë, U woorde; ek vind rus in U regverdigheid, U heerskappy.
Ek vind rus in U aard, U karakter, U majesteit. Here, ek dank U dat U groter is as my begrip van U,
Amen. (Roy Lessin)