1 Petrus 5:6-7 (Die Boodskap)
6 Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom. Wanneer die tyd daar is, sal Hy julle ’n ereplek by Hom gee. 7 Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg.
Vers 7 beskryf ’n spesifieke en praktiese manier hoe ons in totale afhanklikheid van God moet leef. Petrus sê ons moet alles waaroor ons bekommerd is na God toe neem, letterlik na Hom toe gooi.
Dit hou ons nederig, want dit verklaar dat ons glo dat God in beheer van alles en almal is, en nie ons nie. Dikwels spruit ons bekommernisse juis uit die feit dat ons namens God wil beheer neem van ons omstandighede, asof ons van beter weet…
Die woord wat Petrus gebruik wat as bekommerd vertaal is, is dieselfde woord wat ons in Matteus 6 en Filippense 4 vind: dit beteken om in verskillende rigtings getrek te word; om verdeel te wees of verward te wees. Bekommernis en angs trek ons in verskillende rigtings, en dit weerhou ons van vasberade, gefokusde en eenrigting vertroue in God die Vader.
Dieselfde God wat die see geskei het sê: “Gee dit vir My!”. Dieselfde God wat mens geword het en weet waardeur ons gaan sê: “Gee dit vir My!”
Petrus gebruik die woord gooi/werp, dieselfde woord as in Lukas 19:35 wat beskryf dat die dissipels hulle klere gegooi het. Om iets suksesvol te gooi moet jy dit heeltemal uit jou hand laat gaan. Kom ons doen dit vandag met alles waaroor ons onsself bekommer.
Om oor te gesels of dink:
Gebed
Bid vandag oor jou bekommernisse - gee dit vir God.