Openbaring 2:8-11
“9 Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk. … 10 Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. … Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.”
Om oor na te dink en gesels:
- Smirna se gemeente is getrou aan die Here en ontvang ‘n positiewe aanmoediging, anders as van die ander gemeentes.
- Die Christene het hier baie swaar gekry en is benadeel omdat hulle Jesus aanbid en nie die keiser soos wat van hulle verwag is nie.
- Ten spyte van hulle vervolging is hulle daarvan verseker dat die Here Jesus, die Eerste en Laaste, van alles weet en hulle in Sy hand hou.
- Ons hoef nie bang te wees en die dood te vrees nie, want ons sal die kroon van die lewe ontvang. Die beeld van ’n lourierkroon wat aan atlete na ‘n wedloop gegee word, word gebruik.
- Voel jy dat jy swaar kry omdat jy Jesus volg? Word daar op jou neergesien? Wonder jy of dit die moeite werd is om Jesus steeds te volg?
- Skep moed en weet die Here is by jou. Hou vas aan Sy beloftes!
Gebed:
Here, dankie dat U my ken en weet wat my omstandighede is. Ek kom gee myself vandag vir U en vra dat ek nie sal bang wees om U te volg nie, veral as dit moeilik raak. Help my om aan U getrou te bly en aan U beloftes vas te hou.
Amen.