Dinsdag 11 Julie 2023

Lukas 5:12-13
Eendag toe Jesus in een van die dorpe was, kom Hy 'n man teë wat oortrek was van die melaatsheid. Toe die man Hom sien, val hy op sy knieë voor Hom en smeek: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” Jesus steek sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg.

Om oor te gesels en te dink
Jesus kry die vreemde versoek van die melaatse man. Dis amper asof hy nie dink dat Jesus hom sal wil genees nie. Teen alle verwagting reageer Jesus positief. Hy steek sy hand uit en raak aan hom om hom te genees. Dit was ongekend want melaatse mense was nie welkom in die samelewing nie. Jesus steek ’n grens oor om hierdie persoon te help.
Soms moet ons ook ’n grens oorsteek om iemand te kan help, selfs as hulle dit nie verwag nie. Dit mag vra dat ons iets doen wat ons nie gedink het ons sou doen nie. Tog het mense ons liefde en aanraking nodig.

  • Is daar iemand wat jy van weet wat jou aanraking nodig het?
  • Is daar ’n grens wat jy moet oorsteek om vir iemand Jesus se liefde te wys.

Gebed
Here Jesus, ek wil by U leer. Wys my wie U liefde en aanraking nodig het. Dankie dat U liefde vir my genoeg is. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika