Dinsdag 11 Oktober 2022

Lukas 11:5-6
Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het 'n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, want 'n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om vir hom voor te sit nie.’
 
Om oor te gesels of te dink:
In die tyd wat Jesus hierdie gelykenis vertel was gasvryheid uiters belangrik. Gasvryheid het beteken om soos hierdie gasheer sy gas te ontvang, te voed, huisves en beskerm. Selfs al is dit ongerieflik en in die middel van die nag. Die eer en skaamte van die hele dorp is op die spel indien die persoon nie gasvry ontvang word nie. Die eer en skaamte is eintlik 'n waardestelsel wat onderhou word. Omdat hierdie waarde belangrik is (vir die hele dorp) gaan vra hy vir sy buurman om te help, want hy het nie brood nie en kan dus nie die gasvryheid wat benodig word bied nie.
 
Watter waardes is vir jou of julle huishouding belangrik? Hoe sal dit werk indien een van julle dit nie alleen kan doen nie? Kan jy vir hulp vra? Kan iemand jou vir hulp vra?
 
Gebed:
Here, vandag wonder ek oor my/huishouding se waardes. Wat is dit wat ons dryf? En ons keuses bepaal? Heilige Gees, wys my vandag watter waardes ek beter kan uitleef of selfs hoe ek kan help sodat iemand anders hulle waardes kan uitleef. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika