Dinsdag 12 Januarie

Matteus 7:7-11
“7 Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8 want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 9 “Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, 10 of 'n slang as hy vis vra? 11 As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?” (Mat. 7:7-11)

Om oor te gesels:
Jesus moedig ons aan om aan te hou na God in gebed te soek. Ons moenie dink dit help nie en daarom bid ons nie. Ons moet aanhou vra vir o.a. meer liefde en wysheid, soos Jakobus 1:5 ons ook herinner.
Jesus sê dat ons Vader vir ons lief is en vir ons omgee. Hy sorg vir ons. Net soos ons nie vir ons kinders slegte dinge sal gee nie, sal Hy ook nie. Die Vader weet die beste en ons kan Hom daarmee vertrou.
Deel jou hart met Hom. Hy verstaan beter as wat jy dink of voel.

Gebed
Ons Vader, dankie dat ek kan bid. Dankie dat U vir my sorg. Mag ek nie moeg word om steeds in gebed my hart met U te deel en te vra nie, want U ken my behoeftes. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika