Dinsdag 12 Oktober

Prediker 11:7-8
“Die lig is aangenaam, dit is goed vir die oë om die son te sien. As ‘n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees. Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is. Alles kom tot niks.“

Om oor te gesels en dink:
Prediker soek na die geheim van die lewe en soos ons gister gesien het, gee God aan ons tyd en die ewigheid. Ons is nie uitgelewer aan tyd nie.
Terwyl ons nou leef, is die geheim van die lewe om in alles dankbaar te wees. Dit is nie altyd maklik nie. Ons verloor soms fokus deur ingetrek te word in die alledaagse. Wanneer het jy laas gefokus op dit waarvoor jy dankbaar kan wees?

  • Wie is die mense in jou lewe waarvoor jy dankbaar is?
  • Waarvoor wil jy dankie sê? Fokus op die dinge wat ons as van selfsprekend mag aanvaar.
  • Waarvoor wil jy dankie sê vir dinge wat nie uitgewerk het soos jy gedink het nie?

Bid vandag vir daardie persoon/persone waarvoor jy dankbaar is. Kies een ding om vandag spesiaal vir die Here dankie te sê.

Gebed
Here, dankie vir nog ‘n dag. Dankie vir U goedheid vandag. Dankie vir mense in my lewe. Dankie dat U vir my meer is as wat ek soms besef. Dankie dat U soveel vir my gee. Ek wil graag vandag met hierdie dankbaarheid leef. Amen.

“Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie. Dit is dankbaarheid wat ons gelukkig maak.” (Onbekend)

Nog om na te kyk

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram