Psalm 139:13-18
U het my gevorm,
my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.
Ek wil U loof,
want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering.
Dit weet ek seker:
geen been van my was vir U verborge
toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,
toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
U het my al gesien toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in u boek opgeskrywe
nog voordat ek gebore is.
Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,
hoe magtig hulle almal!
As ek hulle sou wou opnoem –
hulle is meer as wat daar sand is,
en as ek daarmee klaar is,
sou ek nog steeds met U te doen hê.
Om oor te gesels en dink:
Gister het ons 'n oomblik geneem om te dink waarvan hou God van ons. En dat God vol vreugde oor jou is. Hierdie teks in Psalm 139 is die bewoording van iemand wat ontdek hoe wonderbaarlik God hom/haar geskep het. Besef jy dat God nie net vol vreugde oor jou is nie, maar dat dit die Here is wat jou so aanmekaar geweef het.
Neem 'n oomblik van stilte
Gebed
Here, soms vergeet ek dat U die een is wat my so wonderbaarlik geskep het. En dat U my baie spesifiek só geskep het. Gebruik my vandag om …. meer en meer van hierdie … uit te leef.
Amen