Dinsdag 14 September

Lukas 7:18-35
Toe Johannes se volgelinge by Jesus kom, sê hulle: “Johannes die Doper het ons na U toe laat kom. Hy wil weet of U die Een is wat van God af na ons toe gestuur is, of nie. Sê ons asseblief eerlik. Ons wil nie die fout maak om dalk vir die verkeerde een te wag nie.” Jesus was juis besig om ’n skare mense van allerhande siektes gesond te maak. Hy het mense bevry wat in die mag van bose geeste was en blindes laat sien. (Lukas‬ ‭7:20-21‬ ‭DB‬‬)

Om oor te gesels en dink:
Teleurstellings is ook deel van ons geloofsreis. Ons het verskillende verwagtinge, net soos Johannes en sy dissipels, wat kan lei tot teleurstellings. Dit is nie iets waaroor ons altyd dink of praat nie. Dit is moeilik as mens in so situasie is en as dinge nie uitwerk soos ons dit wil hê nie.
Ons moet ons verwagtinge en teleurstellings na die Here toe bring en bid dat Hy ons sal help om te onderskei tussen dit wat ons kan verander en dit wat ons nie kan verander nie. Laat ons doen wat ons verander en laat gaan wat ons nie kan verander nie.

  • Wat wil jy vandag vir die Here vra?
  • Deel jou hart met Hom.

Gebed
Here, ek is soms teleur gestel as dinge nie is soos wat ek dit wil hê nie. Help my met wysheid om te weet wat ek kan verander en te laat gaan wat ek nie kan verander nie. Mag ek vandag U liefde en omgee meer ervaar. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika