Dinsdag 15 Februarie

Lukas 11:2-4
2En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan: “Vader, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom. 3Gee ons elke dag ons daaglikse brood; 4en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie.”

Om oor te gesels en dink:
Jesus wys deur Sy voorbeeld vir die dissipels om te te bid en as hulle Hom vra, gee Hy vir hulle die gebed wat ons kan as die “Ons Vader.” Matteus 6 is die ander plek waar die Onse Vader opgeteken is.
Vandag fokus ons op hierdie gebed deur op die twee groot hoofdele van die gebed te fokus: eerstens sê Jesus dat ons tot die Vader moet bid en fokus op Hom en Sy koninkryk. Tweedens, kan ons ons behoeftes voor Hom bring en vra dat Hy ons sal help.
Ons is baie keer geneig om net op ons eie behoeftes te fokus sodat ons gebede klink soos ’n inkopielys.
Ons kan ons gebedstyd verryk deur eers op God te fokus. Oor wie Hy is… Hy is goed, genadig, heilig, getrou en vol liefde. Dan kan ons met vrymoedigheid vra dat Hy in ons behoeftes sal voorsien wat ons nodig het, ons vergewe en ons nie in versoeking laat kom nie.
Bid vandag opnuut weer soos Jesus ons met die Ons Vader leer.

Gebed
Ons Vader, U is God en ek kom buig voor U. Ek wil eers op U fokus vir wie U is. Dankie! Ek bring myself voor U. Leer my om te bid. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika