Om oor te gesels of te dink:
- Die hele boek van Spreuke handel oor die beskrywing van wysheid. Wysheid is ‘n seldsame verskyning en ‘n belangrike eienskap vir iemand wat die Here dien. Wanneer die skrywer die boek afsluit in Hoofstuk 31 beskryf hy hoe wysheid prakties lyk in iemand se lewe. Hier gebruik hy die vrou om so ‘n persoon met wysheid te beskryf. Ons gaan daagliks stilstaan by verskeie elemente van hierdie persoon met wysheid.
- ‘n Persoon met wysheid, is iemand wat deur hulle menswees standvastigheid, sekerheid en trou bring. Hulle karakter kan nie betwyfel word nie. Die mense om hulle weet waar hulle, met hulle staan. Meer nog as dit, die mense in hulle lewens, word bewonder. Mense met wysheid se eggenote, vriende, kinders en vriende word erken oral waar hulle gaan omdat ander weet hoe kosbaar en buitengewoon die mens met wysheid is. Hulle wysheid en karakter, skyn tot in die lewens van die wat vir wie hulle lief is.
- Kan die mense in jou lewe op jou steun? Is jy ‘n mens met karakter waarop ander kan staatmaak? Sal ander mense jou wysheid sien skyn oor jou gesin, jou vriende en jou mense? Sou jou nabye mense dieselfde kon sê?
- Hoe lyk die mense in jou lewe wat wys is en wie jy as steunpilare sou klassifiseer? Wie is die mense wie se karakter jy nooit in twyfel sou trek nie? Wie is die mense wie se karakter oor skyn in hulle gesin en mense se lewens in? Het jy iemand in jou lewe van wie jy so kan praat?
Gebed:
Here, dankie dat U vir ons die geleentheid skep om te kan vra vir wysheid. Here, ek vra dat U my sal vul met wysheid. Here, dankie vir elke voorbeeld van wysheid in my lewe.
Dankie vir elke voorbeeld van iemand wat ‘n steunpilaar is en wie se karakter ek van voordeel trek. Help my om hulle te waardeer en met respek te hanteer. Here, mag ek ook so leef in wysheid.
Amen.