Daniël 2:1-11
11 “Wat u vra, is te moeilik, daar is niemand wat dit vir u kan doen nie, behalwe die gode, en hulle woon nie onder die mense nie.”
Daniël is gevul met stories van Daniël se werk, en die verskil wat sy werk en daarom sy lewe in Babilonië gemaak het. Ons daaglikse werk is bedoel om meer betekenis te hê as om net ’n aktiwiteit te wees wat ons weke (en ’n groot deel van ons lewens) opneem en ’n salaris vir ons verseker.
Vir ’n Christen is werk die voorreg om orde te skep uit chaos, net soos God self dit gedoen het in die begin (Genesis 1); van woes en leeg na goed! Waarom? Sodat almal op aarde kan leef en floreer! ’n Christen is iemand wat ons wêreld versorg en voed in sy/haar werk, in plaas daarvan om net ’n verbruiker te wees van alles wat God vir ons gegee het, insluitende ons werke en ons hulpbronne.
Daniël het só gewerk, en so geleef. Hy het ten spyte van die feit dat hy weggevoer was in ballingskap, drie belangrike goed gedoen:
1) Hy het sy roeping aanvaar en omarm, al het hy vir ’n vreemde regering gewerk.
2) Hy het moedig in die chaos van Babilonië in beweeg.
3) Hy het naby aan God gebly terwyl hy sy werk gedoen het (lees vers 17-19).
4) Hy het uitstekende werk gedoen (lees vers 46-49).
Om oor te dink:
“A job is a vocation only if someone else calls you to do it for them rather than for yourself. And so our work can be a calling only if it is reimagined as a mission of service to something beyond merely our own interests. Thinking of work mainly as a means of self-fulfillment and self-realization slowly crushes a person.” Tim Keller