2 Petrus 1:17
“Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug””
Om oor te gesels en te dink
Hierdie teks vertel van Petrus wat Jesus se verheerliking op die berg beleef het. En ook die stem wat Jesus se identiteit, net soos by sy doop, bevestig. Petrus deel dat hy 'n oor- en ooggetuie was van Jesus se werk, verheerliking en selfs hierdie woorde wat sy identiteit bevestig. Hierdie belewenis maak hom 'n betroubare getuie in terme van wat hy met die hoorders van die brief deel. Ons moet ook betroubare getuies kan wees en vanuit ons eie evaring met God deel.
Waar was jy al 'n oor- of ooggetuie van God se werk? Van God se heerlikiheid? Wat het jy dalk al in die Skrif beleef en kan jy as 'n getuie daarvan vertel of getuig?
Gebed
Here, help ons om hierdie week te kan getuig van dit wat ons van U beleef . Ons besef opnuut dat ons geroep word om betroubare getuies te wees. Amen.