Dinsdag 19 September 2023

Lukas 15:11-13
Verder het Jesus gesê: “Daar was 'n man wat twee seuns gehad het. Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee my die deel van die besittings wat my toekom.’ Hy het toe die goed tussen hulle verdeel. “Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis af na 'n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe.

Om oor te gesels en te dink
Die bekende verhaal van die verlore seun herinner waar die fokus van die jongste seun was. Hy het ’n lewe van onvergenoegdheid geleef en wou net meer en meer gehad het. Hy het gefokus op wat hy nie gehad het nie. Hy sien nie raak wat hy wel het nie. Sy pa laat hom toe om te gaan. Hy besef later dat dit die verkeerde keuse was en keer toe terug. Teen alle verwagting ontvang sy pa hom terug.
Ons kan ook maklik onvergenoegd en ontevrede raak as ons fokus op wat ons nie het nie of nog nie het nie, dan mis ons die vreugde van die lewe.
Kom ons wees vandag dankbaar oor dit wat wel het. Sê vir die Here dankie vir die lewe vandag. Sê vir die Here dankie dat jy genoeg is en het.

Gebed
Here, dankie, dankie. U gee altyd meer as wat ek raak sien. Help my om U in alles raak te sien en daarvoor dankbaar te wees. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika