Kolossense 3:15
En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.
Om oor te gesels en dink:
Mens kan maklik dink dit is onmoontlik om altyd dankbaar te wees. Maar as on terug dink aan gister se dagstukkie en Sondag se preek is dit uit dankbaarheid wat ons anders lewe, juis omdat ons Jesus ontmoet het! As te ware, as ons mooi daaroor dink, ontmoet Jesus ons elke dag in ons alle daagse lewe. Paulus herinner in die tweede brief van Kolossense ook dat mens altyd dankbaar moet wees.
Neem ‘n oomblik van stilte.
Gebed
Here, help my om selfs wanneer ek hartseer, gefrustreerd of selfs kwaad is te onthou dat dit nie my lewe van dankbaarheid teenoor U kan verander nie. Al my evarings en emosies bly waar – maar my lewe as dankbaarheid is nie in reaksie van wat ek voel nie, maar as gevolg van wie U is. Amen.