Dinsdag 21 Maart 2023


“Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? Die dienaar was soos ‘n loot wat voor die Here uitspruit, soos ‘n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie. Hy was verag en deur die mense verstoot, ‘n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom._”
rou VRAE:

  • Wat is die pyn wat jy tans beleef? Fisies, psigies, emosioneel en geestelik?
  • Jesaja skryf profeties oor Jesus wat pyn gaan ken. Hoe voel dit om te weet dat die God met wie jy praat weet hoe egte pyn lyk en voel?

rou OEFENING

  • Stanley Hauerwas het gesê: “The ability to live well is the ability to live without so many reasons.”
  • Loop vandag met ‘n klein klippie in jou skoen. Kyk hoe jou ervaring deur die dag beïnvloed word of verander.
  • Kan jy steeds goed leef met die klippie se teenwoordigheid?

rou GEBED
Here, sal U maak dat hierdie pyn wat ek beleef, saak maak? Ten minste vir U? Here, sien my raak in my weerloosheid. Herinner my asb. aan U teenwoordigheid. Here, raak my aan wanneer ek te skrikkerig is vir U.
Here, seën ons wat herinner moet word dat daar sommige goed is wat ons kan verander en ander wat ons nie kan verander nie.
Amen

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram